Sonia Forssman Trauma Berader / Counsellor
BA HSSS - Psychological Counselling - ASCHP : HC23|1968
Sonia Forssman Aanlynberading
Eerlike, trauma-ingeligte berading — op jou tyd, in jou ruimte waar "messy and raw" aanvaarbaar is.
Waar "ek is nie okay nie" met groot begrip ontvang word. Waar ons in stilte saam met jou pyn kan sit totdat jy reg is om te deel, of met diep gesprekke bloot kan lê oor wat jou die meeste pla of seerste maak.

Aanlynplatforms:
GOOGLE MEET, WHATSAPP, PSYCHOLOGY TODAY
Sonia


Ek is Sonia, en ek help mense wat trauma beleef het om weer asem te haal — hetsy na ontrouheid, mishandeling, oorweldigende emosies of onstuimige kinderjare of sommer net moedeloosheid in die aangesig van hedendaagse uitdagings.
Jy gesels vanuit jou eie veilige plek — dis nie nodig om reg te maak vir 'n praktykbesoek nie.
Ek ontmoet jou presies waar jy is, aanlyn, sonder oordeel.
Waarmee ek jou kan help:
-
Verhoudings- of Ontrouheidstrauma
-
Kinder- en Jeugtrauma
-
Huishoudelike Geweld & Intieme Verhoudingsprobleme
-
Huweliksberading: Herstel én Verryking
-
Voorhuwelikse Beplanning (Marriage Plan)
-
Angs, uitbranding & emosionele oorweldiging
-
Geloofsgebaseerde berading vir geestelike verryking
Gereed om te begin?
Vul die kontakvorm hieronder in om ’n sessie of gratis kennismakingsgesprek
te bespreek.
Ek antwoord persoonlik — geen outomatiese stelsels hier nie.
Jou reis na genesing begin met jou eerste tree... sterkte!
Die Huweliksplan | The Marriage Plan
Wat is 'n Huweliksplan?
Verlief, verloof... verward?
Jy het die datum. Jy het die ring. Maar het julle regtig gepraat oor wat wag ná die wittebrood?
Die SF-Huweliksplan is ’n praktiese voorhuwelikse beradingsaanbieding — twee diep sessies en ’n interaktiewe werkboek wat julle help om saam te dink, beplan en besluit voordat die trourok aangetrek word.
.
What is a Marriage Plan?
You’ve got the date. You’ve got the ring.
But have you really talked about what happens after the honeymoon?
The SF-Marriage Plan is a practical premarital counselling offer — two in-depth sessions and an interactive workbook designed to help you and your partner think, plan, and decide together before the wedding dress goes on.
15% Off All Items


Verlief, verloof... verward? | Voor jy “Ja” sê... || In love, engaged… confused? | Before you say "Yes"...
~Kontak my~

Janet, Cape Town
"Thanks to you, Sonia, I realised that I have been manipulated by my narcistic mother for many years. With your assistance I was able to set boundaries, and our relationship has never been better!"
Anoniem, Lichtenburg
"Ek moes my man se ontrouheid leer aanvaar en verwerk. Sonia het my ongelooflike insig en bystand gegee en ek is haar ewig dankbaar. Ek het baie van myself ontdek in ons sessies."
Lizelle, Somersetwes
"Ek kon my eie ontrouheid aan my man nie verklaar nie. Sonia het my gehelp om die oorsake van my swak selfbeeld en self destruction op te spoor in my ongelukkige kinderjare. Dit het my hele lewe verander"